Ek het die 11de Januarie klaar gemaak met werk omdat my bloeddruk so bietjie begin marakas maak het. So moes ek toe elke week gegaan het vir check-ups om seker te maak alles is nog ok.
Ek is die 12de Januarie hospitaal toe en daar het ek gewag vir die hele dag maar omdat ek nie te veel gehad het om oor te worry nie was dit ok.
Ek het die Saterdag vir almal by hokkie my groot pens gaan wys. Die Sondag was ek baie rustig en het planne gemaak vir die week soos om my nuwe boks-set van Greys Anatomy te kyk want ek het nog nooit die reeks gekyk nie. Ek het ook uitgesien om my baba hoekie klaar te maak en weer my tas te pak en te kyk dat alles reg in in is.
Ek het ‘n hospitaal check-up gehad die Woensdag die 18de. Ek is vroeg die oggend daar en piepie in die botteltjie, laat hulle alweer bloed vat en lê op die bed en wag met die baba monitor aan dat alles mooi reg sal wees.
Na 10 ure se gewag kom die junior dokter in en vertel my hulle gaan my opneem want die proteine in my wee het gestyg van die laaste keer wat hulle getoets het. So word ek toe opgeneem die Woensdag aand en slaap ek in een van die kraam kamers met ‘n midwife (haar naam was Tutu) wat elke halfuur my bloeddruk kom vat. Ek sien die konsultant dan ook 1:15 in die oggend en hy sit my toe op bloeddruk pille met die hoop dit sal dinge so bietjie kalmeer.
Die volgende oggend stuur hulle my na die ander saal toe maar ek is nogsteeds onder opservasie elke 2 ure vir my bloeddruk en ek moet ‘n 24uur urine sample bymekaar maak in ‘n bottel. Tutu spot sy is eers weer volgende week aan diens so ek moet vir haar wag.
Teen Vrydagaand stuur hulle my huis toe maar ek moet die Sondag weer aanmeld vir toetse en check-ups. Met alles is die baba se observasies perfek. Dit is net ek wat so bietjie (wel ek het gedink bietjie) uitmekaar uit val.
Sondag 9 uur is ek terug met my dag se piekniek eetgoed want ek weet mos hulle vat lank en is besig.
Die dag vat hulle 2 keer bloed en teen 7uur laat hulle my weet die baba is fine maar my toetse is nie meer goed genoeg om my huis toe te stuur nie.
Teen 1uur die oggend word ek die eerste gel induksie gegee.
Almal sê hulle kraam was erg maar myne was flippen erg, na meer as 24 uur in kraam en min slaap en al die drugs wat hulle my wou en kon gee sien ons toe nogsteeds nie baba se kop nie. Met die preeclampsia wat my niere begin kramp kom ‘n Dokter toe in met sulke groot kreeftange. En nou ja kom ons sê net as julle ooit wil kraam moet dit nie op my manier doen nie.
So vandag die 6de Feb was sy due dag
Maar op 25 Januarie 2012, @ 6:53am,
het ons vir klein, Edward Tobias Bourke die wêreld ingetrek.
‘n hele twee weke vroeg maar ‘n mooi 8lbs, 7oz is die mannetjie groot en gesond sonder enige probleme behalwe vir ‘n blou oog waar hulle die tange om sy kop gesit het.








Saam praat