Posted by: Gogga | October 25, 2011

Vlieg – alweer

Dit is alweer daai tyd van die jaar.
Daai tyd van die jaar waar ek +1 by my geboortedag aanlas.

Ek geniet dit om ouer te word.
En soos gewoonlik het manlief die verrassing destinasie gereel vir my verjaarsdag.

Die jaar het hy per ongeluk laat glip dat ons Duitsland toe gaan.
Maar ek moes tot vanoggend toe wag on uit te vind waarheen ek oppad was.

Ons het ‘n goeie verkeer gehad en ‘n hele 3 min vroeg by ons parkeerplek aangekom.
By die lughawe het ons ingeboek by die self-service masjien. Ons het ons tasse gaan aflaai vir die vliegtuig en toe gaan geld trek vir ons Euro’s.
Eerste hickup was manlief se kaart was nie meer in sy beursie nie.
Na ons alles uitgetrek, uitgepak en jas sakke omgedop het onthou ons die masjien.
Wraggies daar sit die kaart toe nog steeds in die masjien en loer.
Trek geld, sit botteltjie goed in plastiek sakkie, gaan deur sekuriteit, word ALWEER gefrisk.
Ek word ALTYD deur soek. Ek dink ek lyk so cuddlerig dat hulle altyd aan my wil raak.
Ek is so gewoond daaraan dat ek met uitgestrekte arms aan die anderkant van die beep-beep masjien uitloop.

Klaar gefrisk en heel snaaks hoe hulle om die bump voel om seker te maak dis regtig (nuwe een vir my) en dan was dit ontbyt tyd. Meer opgewonde is dit omdat dit daar is waar ek my persent kry -aka die gidsboek van waar ek heen gaan.
En………………. Ons is oppad Heidelberg toe. Met mooi kastele en lekker duitse kos is ek sommer huilerig (ek blameer die hormone) dat hy weereens ‘n plek kan kies wat my gaan verbaas met mooi goed.

En hy was baie oulik gewees en ‘n paar geogaches gekry om te gaan soek.

Nou vir die vlug. Later.


Responses

  1. Is daar nie ‘n ou plekkie vir my in jou bagasie nie?

    Ek dink ek moet die simpel heks pos om saam met jou te gaan toer.

    Geniet dit en moenie skaam wees met foto’s nie.

    • Ek moet dalk ‘n kabouter kry om saam te toer want die heks sal jou te veel mis. Kamera gecharge en gepak.

      Sent from my iPhone

  2. Geniet jou verjaarsdag en lekker reis. Ek is groen! ;-)

    • Dankie Son, Ek is nou oppad om ‘n gatskop dag te he.

  3. As ek nou reg kan onthou, is dit vandag jou verjaarsdag. Ek hoop dat jy ‘n wonderlike dag vol goue herinneringe sal geniet.

  4. Mooi onthou, en ek gaan sekser maak vandag se uitstappie is een om vir altyd te onthou.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.