Posted by: Gogga | October 26, 2011

Bier saal

Gisteraand het ons ‘n bietjie gaan stap om die stad te verken en bietjie (TE) toevallig by die Kulturbraueri Heidelberg ingewals.

Dit is ‘n mikro beer seal waar hulle die bier op die perseel maak.

Ons het lekker kos ook daar geeet en die set up vir die sale is van so aard dat jy basies ‘n tafel met ander mense deel. Die saal is groot en die atmosfeer is fantasties omdat die bier almal so lekker los met die tong laat. Jy sit basies in ‘n saal en kuier sonder dat jy eers weet jy het so baie mense om jou.

Ons was al amper oppad uit toe die paartjie langs ons voorstel ons koop een van die bottels bier wat hullen vir jou daar intap om huis toe te vat. Daardie een voorstelling lui toe na ‘n aand wat ons nie sommer gou sal vergeet nie.

Hulle was van Switserland (wel sy was hy was Duits) maar altwee werk en bly in Bern. Ons het gesit en gesels en lag en ons moes leterlik uitgeskop word.

Ons ken mekaar se name maar het nie kontak besonderhede gevat nie. My man was later bietjie hartseer (miskien het die bier gepraat) omdat ons nie hulle nommers of email gevat het nie maar ek het baie filosofies geantwoord dat dit presies is wat kuier lekker maak. (ek sukkel nog om die engelsman te leer kuier)  Die soort kuier en ontmoeting is spontaan en die geselskap is lekker en vloeiend sonder draaidjies van hoe om die ander te impress en dat as jy julle nooit weer ontmoet nie hulle altyd ‘n stukkie van jou lewe sla wees omdat jy onthou, nie wat gese is nie maar die geselligheid.

So is ons terug hotel toe en kon ek aan die slaap raak net betyds voor ek verjaar.

Nou vir ‘n vol dag van explore.

 

Advertisement

Responses

  1. Skepe in die nag . . .

    Ek het nou net gedink dat jy behoorlik oefening tussen die bier en die badkamer gekry het. Toe val dit my by dat jy nie veronderstel is om die bier te drink nie. ;)

  2. soms is die lekkerste kuiers net so:onbeplan, en met mense wat jy ‘toevalilg’ ontmoet.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.