Posted by: Gogga | November 19, 2011

Hardhandig

Ek voel soos ‘n kat wie se snor baarde afgeknip is en nou nie meer so lekker kan skat hoe hoog of hoe ver om te spring nie.

Ek het gou agtergekom dat dit nie saak maak om skuins te draai om deur ‘n spasie te pas nie want die pens is in elkgeval nou in die pad so march maar reguit vorentoe en mense sal maar padgee.

Die nader ding at ek agtergekom het is ek is baie hardhandig met goed. Nie dat ek dit eers agterkom nie. Dit kan wees dat my vinggers so ietwat vetter is as wat ek gewoond aan is en dat die gevoel vir goed nou anders is of dat ek net nie kan reg skat hoe ver die kas oppervlak is van die voorwerp wat ek daarop wil plaas nie. Die uiteinde dan in die laaste 3 weke het ‘n nou al 5 glase gebreuk. (Laaste 7 jaar 1 wynglas)

Ek kom nie eers agter dat ek dit gedoen het nie tot ek die stukkies glas in die wasbak kry en dan probeer onthou waar die glas sal pas. Om dinge erger te maak haal ek dan die stukkende glas uit die kas uit net om tot my verbasing agter te kom die stukkie in my hand pas soos ‘n legkaart met die glas in die kas.

Manlief het my nou verbied om enigsins naby sy Belgiese bierglase te kom. 3 wyn glase het nou al hulle gatte gesien maar die kan ons net gaan koop. Sy bierglas koleksie is van travels wat ons nie weer binnekort gaan kan doen om die breekware te vervang nie.

Ek kan net toelaat dat hy die skottelgoed was maar hy doen dit nie so goed soos ek nie (ek dink die water is nie warm genoeg nie) en dan staan ek in elkgeval en goed was voor ek dit gebruik. Ek kan nie eers daai plan gebruik en se ek doen dit om skelm uit skottelgoed was te ontduik nie.

So ek dink as ons nou weer gaan glase koop moet ek dalk vra of hulle ‘n label op die pakkie het in plaas van “DISHWASHER SAFE” iets kan lees soos “SWANGER VROUE SAFE”

Manlief se daar is alreeds so iets op die mark hulle noem dit plastiek.


Responses

  1. Hey, jy moet versigtig wees. Netnou sny jy jouself raak.

  2. Vind jy nie dat mense meer “respekvol” teenoor jou optree nie? Mense staan op sodat jy dit sitplek kan kry, ens? Hulle is meer geduldig ook met jou?

  3. Super snaaks Gogga – ek kan glad nie afstand skat nie (een of ander afwyking met my oogvorm is darem die rede hiervoor) so ek stap gedurig in kosyne of deure was – baie snaaks vir ander, nie so snaaks vir my ;) maar gewoonlik is die wynglase veilig – ek dink ek sou ook maar die plastiek voorgestel het, want mens moet darem ‘n wyn/bier GLAS he om uit te drink – al moet mens dit self (half)was na die tyd! Sterkte met die laaste pylvlak!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.