Posted by: Gogga | November 26, 2011

Nie altyd nie

Toortsie vra in haar vorige comment of mense meer respektvol teenoor my is. Ek sou graag wou antwoord ja maar dis nie aldag waar nie.

Ek moet elke dag werk toe op die tube gaan en ek het even ‘n badge wat ek aansteek wat se “baby on board” vir die wat nie te bang hoef te voel om my gevoelens seer te maak as hulle vir my ‘n sitplek aanbied nie. Maar tog in die 7 maande van my swangerskap is ek nog net 6 keer ‘n sitplek aangebied.

Dit alles met ‘n pens wat meeste van die tyd uithang omdat die trein so warm is. Plus ‘n badge. Iemand het vandaag gese dit is omdat ek nie swagger genoeg lyk nie maar ek is nie klein nie ek belowe.

Mense is net of the ongeskik of gee regtig net nie meer om nie. 6 Keer in totaal 5 dae ‘n week werk toe en terug is nogal ‘n baie swak statistiek.

Maar nou ja tensy my rug regtig seer raak sal ek maar staan ek gaan nie iemand se gat lek om hom maniere te wil leer nie.

Ek het darem ook die opzie as ek die dag in pyn is (mnr skop my ribbes uitmekaar uit) dan kan ek triene ruil maar dit heg ‘n ekstra 15 minute aan my travel tyd.

Ek kon sekerlik nie meer verwag het nie. Toe ek met krukke werk toe was op die trein is ek ook nie ‘n sitplek aangebied nie so hoekom sal ‘n pens nou enigsins anders wees.

Ook as jy in ‘n skare loop sal hulle jou amper uit die pad uit stamp. Nie alle mense is so nie maar my ondervinding tot dusver met vreemdes is dat hulle nie rerig ‘n hel omgee wat of hoe jy is nie. Hulle wil net aangaan met hulle eie dinge. In SA is ek seker vreemdes sal sommer net met jou begin praat en vra hoe jy voel of dalk aan jou maag raak maar hier in London is die bubble waarin elkeeen lewe baie baie anders.

Vriende en familie is fantasties en ek het ‘n ander deel van hulle gesien vandat ek die nuus laat val het. Daar is net nie genoeg goed wat hulle vir my kan doen nie. My ma koop al wat ‘n winkel is in SA leeg kan nie wag vir die eerste kleinkind se verskyning nie.  Sy sal ongelukkig moet wag tot en met Julie maand om die lyfie te kan vashou as sy oorkom vir die olimpiese speel. Maar gelukkig is daar skype en foto’s.  Mnr’tjie het sonder dat hy weet lig vir ander se lewens geword en ek is seker hy sal nie ‘n tekort aan aandag of liefde he van alle kante van die water nie.

Advertisement

Responses

  1. Ai Gogga – ek onthou hoe die tube ryers nie eers vir ‘n ouvroutjie van 80 wat krom getrek is van die rumatiek ‘n stoel sal aanbied nie …. jy moet maar kom kuier in Holland, hier is jy soos die koningin as jy ‘n boep het – almal erg pro-pienkvoet. Kan dink die familie en vriende is vrek opgewonde ….. pas jouself mooi op!

  2. ja jong die mense op die tube is blisems. ek is gister vuil uitgekyk omdat ek nie opgestaan het vir ‘n vrou met ‘n badge wat se sy is swanger nie. Toe ek later opstaan toe rek haar oe lekker groot want toe is my pens omtrent ‘n maand groter as haar een.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.