Posted by: Gogga | December 6, 2011

Naam soek

Wat is in ‘n naam?

 Man ek en manlief sukkel so bietjie om ‘n naam te kry vir pienkvoet.

Ek is nogal bly ons het op die ou einde uitgevind dis ‘n seuntjie want dit is blerrie harde werk om ‘n naam uit te dink vir ‘n nuwe mens.

 

Ek soek nie iets opgemaak nie maar iets wat ook nie aldag is nie.

Ek soek iets wat maklik uitgespreek kan word in Engels en in Afrikaans.

Ek soek nie familie name nie want dit is die eerste seun in altwee kante en ek wil nie kant kies oor familie name nie.

Ek soek iets wat sterk genoeg sal wees as hy groot word maar nie te groot is vir waneer hy klein is nie.

Ek soek iets wat nie simpel klink as mense dit gaan staan en verkort nie. (ek haat dit maar moet di in gedagte neem)

Ek sal graag iets wil kry waarvan ons altwee hou en saamstem maar dit is op die oomblik makliker gesê as gedaan.

 

As julle voorstell het laat waai ek sal dit oorweeg maar opdie stadium heel moontlik afkeur.

 

Ek het voorgestel aan manlief, in plaas dat ons name bespreek dat ons eerder elkeen ‘n lysie maak van 10 name. Die name wat dan dieslefde is kom op die kort lys wat ons dank an uit kies as mnr’tjie gesien en ondersoek is om seker te maak die naam pas.


Responses

  1. Dan moet die betekenis van die naam ook nie agterwee bly nie, ne. Sterkte, dis regtig ‘n moeilike besluit. Die lysies wat vergelyk word klink na ‘n goeie idee.

    • Dankie seegogga, ja ek het ‘n idee wat ek wil he dit moet beteken maar probeer dat dit nie alles oorskadu nie.

  2. Gaan jy die mannetjie Afrikaans leer?

    • Ja, ek gaan rerig hard probeer as hy nie kan praat nie dat hy tenminste kan verstaan.

  3. [...] weet nie wie was nog nie getag nie.  Ek sien egter nie dat Gogga, Nadia of Sonlig iewers getag is [...]

  4. Liam. Kenneth. :-)

  5. Hi Gogga – sterkte met die naam kiesery – ek het nog nie pienkvoete nie, maar het klaar name gekies vir eendag wat hopelik dit makliker sal maak as ons ooit daar kom ….gelukkig kan mens altyd verander.

    Ek hou van die naam SAM – wat natuurlik ook die afkorting van Samuel kan wees. Verkleinwoord is gewoonlik Sami maar die kan jy in die kiem smoor. Miskien net nie eg afrikaans as dit afgekort word nie maar Samuel is.

    Ander gunsteling onder vir die tweetaligheid is dalk Alexander afgekort na Alex?

    Oooo – daar is soveel moontlikhede …… STERKTE!

  6. Kestril? Creggan? Dis dan so lekker om name te kies. Dis seker hoekom ek vier kinders het. ;)


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.