Huiswerk is LANK terug uitgedeel om te vertel van 7 sondes.
Gelukkig vir my ( en ek is seker ‘n paar ander) was ons net vir 7 gevra.
1. Ek is lui om huiswerk te doen. Albei soorte; hier in blogland en die in my huis. Ek laat alles ophoop tot my gewete my wakker hou dan doen ek eers iets.
2. Ek verlang nie sommer na mense of plekke nie. Dis net hoe ek is.
3. Ek is baie impelsief en soms roekeloos met kanse waag. Ek dink dit is omdat ek te lank vat om te panic so ek dink nie altyd nie en my Engele kry my altyd deur dinge.
4. Ek hou van eet en baie keer vreet ek te veel omdat dit te lekker was om op te hou
5. Ek raak vinnig kwaad vir mense wat dom dinge doen. Wat nogal snaaks is as jy my no. 3 lees is ek baie keer een van hulle.
6. Ek hou lank ‘n grudge as jy aan my verkeerde kant geland het.
7. Ek judge mense te vinnig maar is baie kere nie verkeerd met my eerste denke nie.





Saam praat