So gly ons van 2011 na 2012 sonder te veel drama en partytje.
Voorspoedige nuwe jaar vir almal en hoop dit is ‘n gatskop jaar vir julle waar julle in die wêreld is.
Ek het my jaar afgesluit met ‘n DVD en toe die vuurwerke op tv saam my man en ‘n baie besige pensie.
Oujaarsdag was nie so vol van ons eie planne nie omdat ek in die hospitaal was vir opservasie vir hoë bloeddruk.
Alles was gelukkig goed genoeg om huis toe te gaan maar ek moet nou elke week gaan vir check-ups.
Ek is nou oppad werk toe en maak gelukkig volgende vrydag die 13de (spooky) klaar met werk. Maar ek moet nou vir hulle gaan verduidelik by die werk dat twee dae in die volgende 9 dae ek moet afvat om hospitaal toe te gaan. Dit laat my bietjie sleg voel maar dit is rerig nie dat ek dit beplan het nie.
Ek hoop net nie hulle sê ek moet vroeg op kraamverlof gaan nie. Maar ons sal maar sien as ons by die werk kom wat gaan vir wat.
Ek leer nog hoe om te relax en mnr’tjie probeer my mooi leer, hy het natuurlik met al die hositaal besoeke en toetse homself baie mooi gedra en almal is gelukkig met sy performance. Dit sluit in dat hy twee weke groter is (nogsteeds) as wat hy moet wees en dat hy nogsteeds nie gedraai het nie.
Hy het net 4 weke oor om kop af te draai. Weereens – geduld is al wat ons kan hê.





Happy Happy!
Geniet die laaste rukkie! 2012 gaan SO exciting vir julle wees.
By: demoerin on January 5, 2012
at 7:34 am