So skop ek toe die nuwejaar af met ‘n paar besoeke aan die hospitaal.
Niks te ernstig nie. Ek het op die 29ste gegaan vir ‘n checkup en toe is my bloeddruk hoër as wat hulle daarvan hou. Ek word toe sommer dadelik hospitaal toe gestuur.
Daar het hulle bloeddruk weer gevat en al het dit afgekom was dit nogsteeds te hoog om my net te laat huis toe gaan. Hulle het bloed getap en ek moes in ‘n botteltjie pee sodat hulle kon toets en uitsluit vir “preeclampsia”. Hulle sit ook ‘n monitor op jou maag om die baba dop te hou en dan wag jy.
Ek is baie dankbaar vir die behandeling en die kwaliteit van omgee maar mens hulle laat jou flippen lank wag vir die uitslae.
Hulle stuur die bloed weg lab toe en omdat die pee proteins wys laat hulle jou nie huis toe gaan nie tot hulle presies weet alles is ok nie.
Na 6 ure is alles terug en die dokter verduidelik mooi dat daar nie genoeg rede is om my op te neem nie maar dat ek weekliks gemonitor moet word vir enige veranderinge.
Verlig en moeg is ons huis toe. Volgende afspraak dan die 31ste.
Weer dieselfde maar met hoër bloeddruk en ‘n paar ander noodgevalle by die hospitaal is die wag 7 ure lank. Ook baie mense wat inkom sit meeste van ons in die klein wagkamertjie en hoop ons naam is volgende. Een van die vrouens het elke 20 minute kontraksies maar dis nie genoeg om haar ‘n bed te laat kry nie so daar sit ons toe maar. Ek stuur later vir manlief gym toe want hy raak meer gestress met die gehowl van vrouens wat in kraam is, hy sê dit is soos om by die tandarts te sit en wag en hoor hoe hulle die ou langs aan boor sonder om sy bek lam te maak.
Na al die gewag is ek weer huis toe met instruksies om ‘n oog oop te hou vir ander simptome.
Ek moet ook weer die 4de Januarie aanmeld.
Die 4de is ek vroeg daar met ‘n hele rugsak kos en entertainment vir die dag. Ek het ook vir manlief gesê om eerder by die huis te bly want dis net monitoring, wag en huis toe stuur prosedures en die karpeermeter vreet geld soos ‘n boks sywurms blare vreet.
8 ure later is ek huis toe omdat die lab baie besig was. Elke blerrie keer word bloed gevat en met ‘n groter pens by die dag raak dit nogal ‘n tricky besigheid om pee in die proefbuis grote botteltjie te kry vir hulle om te toets want jou arms raak mos korter tydens swangerskap.
Ek laat hulle toe ook weet ek kom nie weer hier sit en wag vir ‘n dag tensy ek MOET nie want ek moet werk toe gaan.
Gelukkig het ek Woensdag klaar gemaak by die werk so nou is die hospitaal besoeke minder stressful.
Ek moet die consultant die 24ste sien om te bespreek hoeveel vroeer hulle my in kraam sal laat gaan met die kombenasie van bloeddruk en moer groot baba






Is daar nie dalk twee nie??
Toemaar, ek spot sommer!
Ek sien nou die dag by die genikoloog op Worcester so ‘n oulike bakkie in die toilet wat die piepie sommer opvang terwyl jy op die toilet is. Baie makliker as die ander maniere!!
Sterkte vir die laaste stukkie. Die beloning is GROOT!!
By: Toortsie on January 14, 2012
at 6:27 am
Ons mooi gekyk en daar is net een groot rugby speler daar binne.
By: Gogga on January 15, 2012
at 4:49 pm
Ek het juis gewonder of die meneer al sy opwagting gemaak het. Het julle al op ‘n naam besluit?
By: Xena Phoenix on January 16, 2012
at 8:01 am
Ons het ‘n naam en ons sal kyk as hy uitkruip of dit pas
Sent from my iPhone
By: Gogga on January 16, 2012
at 10:29 am
Sterkte vir die laaste rukkie. Daar is nie ‘n groter beloning as om daardie kleinding vir die eerste keer te sien nie.
By: demoerin on January 18, 2012
at 5:47 am