Bietjies van my gevoelens

Ek het hierdie stuk raakgelees en wou dit deel omdat meeste van die tyd al hierdie goed is hoe ek voel.  (wel ek het net een kind en dit sal baie waarskynlik die enigste bly – so dis die enigste ekstra sin wat ek sal bylas tot die verskoning.

My dearest firstborn son,

I’m sorry I focused so much on your stupid sleep schedule. Some of my worst moments as a mother were trying to get you to take a nap that first (and second… and third year). I yelled. I cursed. I cried. Or I left you crying. It seemed so important at the time. You NEEDED sleep. What you didn’t need was a crazed lady yelling at you to sleep. I’m really, really sorry about that.

I’m sorry you spent so much time with adults. I’m an only child and daddy’s family lived far away so there weren’t a lot of cousins. Plus, I hadn’t perfected the art of mommy friends yet, so you spent a lot of time as the center of adult attention. I wonder now if that’s why you’re such a serious kid. I suppose the world needs all those responsible firstborns to keep things running smoothly, but I worry sometimes that I robbed you of some of the silliness of childhood.

I’m sorry I fed you all that bland baby food – even if it was homemade. Your little brother ate what we ate from the get-go and, as a result, he seems to have a much more adventurous palate. For months, you ate nothing but unseasoned sweet potatoes and carrots and peas and any other vegetable I could fit in my Beaba Cooker. I’m really sorry for that. I’m hoping one day you’ll overcome your fear of spice and learn to embrace your culinary wild side.

I’m sorry for dragging you to every stupid baby activity I could find before you could even sit up. Truth be told, I was desperate for adult interaction and you were an easy excuse.

I’m sorry for all the overzealous discipline. We spanked. We yelled. We doled out way more than our fair share of time outs. Daddy and I were rookies. That’s the truth. We hadn’t yet learned the subtle art of choosing our battles and adjusting our expectations. You took the brunt of that and I’m so so sorry.

I’m sorry that you still carry the burden of our learning curve. You’ll be the one we figure out how to manage homework with … and curfews…. and college applications. I have loosened my grip on being the “perfect” mother, but I still feel the pressure of all those firsts with you.

You see I want to get it RIGHT precisely because I’ve messed up so much in the past with you. I feel like I owe it to you. You gave me the greatest gift possible. You made me a mom. In the most intense way possible, YOU are my baby.

That’s a lot for one kid, and I know that. I’m sorry.

Thank God for you being you your siblings.

Love, Mom

Hartseer van ‘n werkende ma

Ek en Edward sit so nou die aand op die vloer en gesels terwyl on s my sy horde karretjies speel.

Me: Edward, Mammie is not going to work on Friday, do you want to go and see the fish and sharks again at the aquarium?
Edward: No

Me: do you want to go see the busses and the cars?
Edward: No
Me: do you want to go and see the dinosaurs?
Edward: no (sigh). I just want to be wiff you.

Me: ok baby we will go together to see the dinosaurs.

Edward: ok, I do any-fing wif you mammie.
Me: crying a little again because he is not even 3 yet and he knows about quality time with his mammie.

Naweek Drama

Ons het nogal ‘n besige naweek gehad.  Maar first things first soos hulle sê.

Vrydag was mnr Edward se eerste tandarts afspraak. Die hele week voor dit het ons die tande dokter speletjie gespeel sodat hy min of meer weet wat om te verwag.  Hy was baie oulik en het so mooi still gesit en geluister na die tandarts en ook alles gedoen wat sy so mooi gevra het.  Ons het ook uit gevind hy het ‘n ekstra tand onder.  Daar is tien bo en elf onder. Die onderste groep wisseltande moet daar 4 tandjies wees maar hy het 5 perfekte uitgespreide tandjies onder (dalk hoekom ek dit nie eers agtergekom het nie).  Ek het nooit my kind se tande getel nie. Dit is glo glad nie ‘n problem nie ons moet net bewus wees vir waneer hy begin tande wissel dat daar meer tandmuis geld gaan wees.  Ook moet ons dan kyk en seker maak al 5 tandjies word los sodat dit nie in die plek van die groot tand sit nie.  Baie snaaks die tande storie. Hy was nog altyd baie oulik met sy tande borsel maar vandat ons tandarts toe was wil mnr nou die heledag loop en tande skrop.

Ek het vrydagaand ook probeer ‘n melktert maak met ‘n resep wat ek of FB gekry het maar die stupid resep het nie al die instruksies gegee vir ‘n dommie soos ek nie toe brand ek die tert voor dit ooit ‘n bak gesien het.  Sien die resep sê:

Stap een: Maak pasta  van die vla, mielieblom, suiker en eier. (ek het die sout ook hier ingegooi want nerens verder as die bestandele is sout genoem nie toe gooi ek dit maar hier in)

Stap twee(dis waar die paw paw die fan gestrike het):  Verhit die melk & kondensmelk tot kookpunt (NERENS Sê DIT EK MOET DIT AANHOUDEND ROER SODAT DIE KONDENSMELK NIE TEEN DIE BLERRIE POT SE BODUM VAS BRAND NIE)

Stap drie:  Voeg die vla pasta by met ‘n dun straaltjie terwyl jy aanhoudend roer (NOU HIER WORD ROER VIR DIE EERSTE KEER GENOEM, EN HIER HET EK AGTER GEKOM DIE RES VAN DIE STAPPE IS NOU VERYBY VIR MY)

STAP 4:  GOOI Alles in die asblik en praat hard met die potte om gebrande kondensmelk af te kry en sweer om nooit weer ‘n stupid resep on FB te glo as die komentaar sê; dis maklik nie

Saterdag was ons genooi na nuwe vriende se huis toe (ook hoekom ek die melktert wou maak).  Edward het na ‘n lang ruk se gekuier besluit hulle mure het bietjie “art” nodig en so gooi hy toe die kaggel se kole teen die mure sodat dit sulke groot swart wolke en prints maak op die mure.  Ons het teen daai tyd al bietjie te mak geraak met ons kuier en nie hele tyd opgelet wat die twee rakkers doen nie. Ek hoop maar ons word weer oorgenooi want dit was ons eerste groep vriende waar ons almal (ma, pa en kinders) maaitjies is.

Vakansie Tyd

Ons was vir so week weg gewees.  Nie te ver nie net so 3 ure se ry van die huis af want Edward wil net uit sy stoel uit klim en mens wil mos vakansie hou nie na ‘n gekerm luister al die tyd nie.

Maar as jy al ooit saam met ‘n woelige kleuter op vakansie was dan weet jy mos daar is nie so ding soos ‘n relaxing holiday nie.  So tussen die fietsry en sandkastele bou (wat ook insluit Edward wat hande en hande vol sand eet – sies) het ek ook lekker gebraai (want in die woonstel het ek nie plek nie so ek braai waar ek kan). Tog moet ek bieg om 24 uur in Edward se geselskap te wees is so lekker (uitputtend) maar lekker.  Hy kom met die snaakste sê goed uit en hy doen die oulikste goed.

Edward: Mammie I fed the ducks and they are so lovely.

Ekke: That’s nice baby what did you feed them.

Edward: Yummy bread for ducks but it was too disgusting for me to eat.  (sien ons het agtergekom hy steek sy brood of crackers weg as ons dit vir hom gee en dan as hy sê hy wil die eende gaan voer en ons sê daar is nie meer brood nie dan kom hy met die wegsteek broodjies te vore)

My kind is heeltemal te slim vir my.

Spikkels

Dit was iets waarvoor ek nou al ‘n tyd lank wag.  Dit is daai eerste blasie wat vinnig gevolg word deur baie ander.  Ek praat van waterpokkies. Edward het Woensdag toe ek hom optel by die kleuterskool gesê daar is ‘n eina op sy gewrig.  Dit kon enige iets gewees het van ‘n muggie wat hom gebyt het of net ‘n alergie vir iets in die tuin maar ek het dadelik die ergste gedink en ek was reg. Waterpokkies is besig om die rondte te doen so ek het myself al klaar reggemaak dat die een spikkel in baie gaan verwnader.  Teen die aand was daar meer op sy magie en ander gewrig.  Teen die volgende oggend het manlief besluit om die eerste skof te vat sodat ek kan in gaan kantoor toe om reg te maak om die volgende 10 dae by die huis te wees want edward was vol lspikkels van kop tot tone.  Die kleuterskool is gebel en vertel nog een van die klasmaaitjies het spikkelkoors gevang.  Die aand toe ek van die wrk en kriekt af terug kom was die arme kind so vol kolle dat hy in ‘n bos kon staan sonder dat jy hom raaksien.

Room is gekoop, lotions is aangesmeer en koeksoda is in die bad gegooi.  Ek kan eerlik sê dat as iemand my ooit vra het edward al waterpokkies gehad dat ek kna se JA.  sy kop in sy ore en in sy mond, op sy ooglede is die ergstes want hoe kry jy die room daar ingesmeer. Nou om vir die hele week van die huis af te werk want ek het nie meer verlof oor om te vat vir siek kind nie en hy het meer enerie as ‘n klein varkie wat in ‘n hok rondgejaag word so dit gaan ‘n fun week wees.

 

London en Trein bomme

Elke dag is daar ter-duisende mense wat die Tube hier in London gebruik. Dit is baie van ons se enigste manier om by die werk te kom en as ‘n toeris in die hoofstad is dit die beste manier om alles te sien. 

Maar soms is dit presies hierdie rede dat die Tube so ‘n maklike teiken kan word vir lafhartige radikaliste. Ek was tydens die 7/7 trein bomme in London gewees. Ek was nie op een van die treine gewees nie maar ek was oppad stad toe daai dag en was in ‘n trein in ‘n tonnel vir ‘n lang ruk. Niemand het geweet wat aan gaan nie en ons het maar gesit en sweet op ‘n bedompige trein tot iemand vir ons kom haal het. Steeds terwyl ons in die donker tonnel terug gestap het na die naaste stasie platform toe het ‘n paar van ons gemompel oor die blerrie treine wat breek en die ongerief van laat wees vir afsprake en werk.  Ons is niks vertel nie behalwe dat al die treine gestop is en dat ons kaartjies op die busse aanvaar sou word.  Bogronds het die chaos ons getref en almal het gespekuleer van ‘n trein ongeluk. Terwyl ons probeer op ‘n besige bus klim het alle hel losgebars toe die nuus deurkom van die bus en die bom. Alle dele van vervoer is dadelik gestop en die nuus het stadig by ons op die strate aangekom van ‘n aanval op London.

Baie dinge laat my wonder wat as.  Ek was oppad vir ‘n afspraak gewees en my roete was waar die eerste trein ontplof het. As my afspraak vroeer was dan wie weet?  Ek het vir ‘n ruk daarna baie huiwerig op ‘n trein geklim maar die bang was en is altyd maar nog in my agterkop. 

Nou gister was daar ‘n storie dat ons nie Maandag op die trein moet wees nie want daar is een of ander groep wat ons Westerners weer moer toe wil blaas.

Ek het nie ‘n keuse nie ek moet werk toe gaan en ek kan net hoop, bid en glo dat as iets gebeur ek net die ongerief van ‘n rot of twee in ‘n donker tonnel hoef te oorleef. Maar my drukkies was bietjie langer toe ek my seuntjie en man groet vanoggend en my voete bietjie meer halstarig om op ‘n trein te klim. Sien die bang maak stories is dalk net dit – ‘n bang maak storie. Tog is die herhineringe van daai dag nog baie vars in my gedagtes.