Slaaptyd met ‘n naguil

Wel as jy verantwoordelik is vir ‘n klein mensie dan weet almal mos maar dat slaap nie rerig meer bestaan nie.  As jy ‘n naguil-kind soos myne het dan is jy gelukkig as jy 4 ure se slaap ‘n nag inkry.   Ek moet sê hy was nog nooit in die 30 maande wat ek hom ken ‘n slaap kind gewees nie, so ek was nie soos ander mammas wie se kinders “die hele nag slaap” ewe skielik uitgevang met ‘n slapelose nag(te) nie.  Ek slaap nou net baie baie baie minder. Maar as jy ‘n siek kind het dan slaap jy glad nie.

 

Die arme ding het so net voor bedtyd aangekondig dat hy siek voel.  Nou vir my het dit beteken hy is moeg en warm in die weer wat ons nou het. Maar hy het op die vloer op sy kombersie gaan lê en toe weereens vir my gesê; mammie I am sick.  Dit is vinnig gevolg met hom wat ‘n kat skiet.  So nou weet ek twee dinge

  1. Hy verstaan baie goed wat die konteks van hy voel siek beteken, wat nogal merkwaardig is vir ‘n kind wat nie rerig siek is nie.
  2. Ek moet begin kots vang as hy vir my sê hy voel siek.

 

Na die kombersie in die wasmasjien gegooi is en die ekstra “bersie” uit die laai gehaal is het hy sommer so op die grond aan die slaap geraak.  Ek het hom later in sy bed gaan sit en so 1 uur se kant het ek hom weer gehoor sê, mammie I am sick, wat gevolg was met hom wat oor sy kot hang en al wat ‘n opervlak is in bereik bedek met stink kots.  Ek het hom opgetel en manlief het begin skoon maak.  Wat bietjie snaaks was omdat voor ons bed toe was het ek genoem hy moet sy skoene bere.  Natuurlik was dit een van die eerste goed wat ‘n direkte hit gevang het buite die kot so ek het maar net die onderlangse gemompel geignoreer en seker gemaak mnrtjie is skoon en gemaklik.

Ons twee het weer op die vloer in die sitkamer gaan slaap en die res van die oggend was gelukkig skoon gewees.

 

Toe ek vanoggend in die bad spring toe wil mnrtjie saam inklim en ek dag toe dis nie ‘n slegte plan nie want dan kan ons al die plekke waar kots gewoonlik vassit (hare en ore) gou gou was.  So sit ek en hy en gesels in die bad.

Ek:  Did you feel a little sick last night?

Edward: Yes mammie

Ek; do you feel better now?

Edward: I was sick on the floor and daddy had to do a big wash.

 

Ek het maar net gesit en giggle want in die hele gemors het die klein outjie nog steeds daai op en wakker naguil opservasies gedoen.

Ek sal maar etenstyd by die werk ‘n halfuurtjie probeer vang.  Gelukkig kan ek pretty much enige plek slaap en het nie lank nodig ome te recharge nie.  Ek kom egter meer en meer agter  die vloer slapery maak my lyf styf hoor.

3 thoughts on “Slaaptyd met ‘n naguil

  1. Oh the joys of motherhood!

    Ek mis dit dat my kinders klein is, maar ek mis nie die nagte wakker sit nie!

    Sterkte, hoop jy voel bietjie frisser na lunch! 😉

  2. Dit was seker die maaggriep wat die rondte doen op die oomblik. My sewejarige kleinkind lê al heeldag hier by my, en ek hou net duimvas dat sy nagtelike gekotsery nou verby is, en ek nie nodig het om bed te gaan oortrek nie.
    Ek is soooooo bly dat ek nie ‘n naguil kind gehad het nie, sou dit nie gemaak het nie…. te lief vir my slaap.

  3. Myne groot en uitgevreet teen die tyd is deur koliek en het basies 4 maande aanmekaar geskree/ gehuil van 18:00 tot 20:00. Krampwater was niks werd nie. en self die sojamelk het geen verskil gemaak nie. Al wat getroos het was beweging en so ‘n halwe lepeltjie pynstroop. die ou Mini si aangeskakel en ta is dan in sy drabedjie op die enginkap staangemaak of hy in sy sy drasak op pa se rug terwyl ons met laatmiddag vroegaand aktiwiteite besig was.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s