London en Trein bomme

Elke dag is daar ter-duisende mense wat die Tube hier in London gebruik. Dit is baie van ons se enigste manier om by die werk te kom en as ‘n toeris in die hoofstad is dit die beste manier om alles te sien. 

Maar soms is dit presies hierdie rede dat die Tube so ‘n maklike teiken kan word vir lafhartige radikaliste. Ek was tydens die 7/7 trein bomme in London gewees. Ek was nie op een van die treine gewees nie maar ek was oppad stad toe daai dag en was in ‘n trein in ‘n tonnel vir ‘n lang ruk. Niemand het geweet wat aan gaan nie en ons het maar gesit en sweet op ‘n bedompige trein tot iemand vir ons kom haal het. Steeds terwyl ons in die donker tonnel terug gestap het na die naaste stasie platform toe het ‘n paar van ons gemompel oor die blerrie treine wat breek en die ongerief van laat wees vir afsprake en werk.  Ons is niks vertel nie behalwe dat al die treine gestop is en dat ons kaartjies op die busse aanvaar sou word.  Bogronds het die chaos ons getref en almal het gespekuleer van ‘n trein ongeluk. Terwyl ons probeer op ‘n besige bus klim het alle hel losgebars toe die nuus deurkom van die bus en die bom. Alle dele van vervoer is dadelik gestop en die nuus het stadig by ons op die strate aangekom van ‘n aanval op London.

Baie dinge laat my wonder wat as.  Ek was oppad vir ‘n afspraak gewees en my roete was waar die eerste trein ontplof het. As my afspraak vroeer was dan wie weet?  Ek het vir ‘n ruk daarna baie huiwerig op ‘n trein geklim maar die bang was en is altyd maar nog in my agterkop. 

Nou gister was daar ‘n storie dat ons nie Maandag op die trein moet wees nie want daar is een of ander groep wat ons Westerners weer moer toe wil blaas.

Ek het nie ‘n keuse nie ek moet werk toe gaan en ek kan net hoop, bid en glo dat as iets gebeur ek net die ongerief van ‘n rot of twee in ‘n donker tonnel hoef te oorleef. Maar my drukkies was bietjie langer toe ek my seuntjie en man groet vanoggend en my voete bietjie meer halstarig om op ‘n trein te klim. Sien die bang maak stories is dalk net dit – ‘n bang maak storie. Tog is die herhineringe van daai dag nog baie vars in my gedagtes.

Advertisements

2 thoughts on “London en Trein bomme

  1. Ag toggie daar trek my bors toe net van die vasgekeer sit in ‘n donker tonnel. Engtevrees 😯 Verstaan heeltemal jou huiwering om weer op ‘n trein te klim. Dan praat ek nie eers van die bom nie.

  2. Sjoe scary. Jarre gelede toe ek ook I Londen was, was daar ook bomme- deur die Iere gegooi. En later weer in Johannesburg y die Carlton terwyl ky kar daar geparkeer was en ek gelukkig oor d straat in d fliek. Wys mens net n mens is nere s verseker vN veiligheid ni. Sterkte.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s