Naweek Drama

Ons het nogal ‘n besige naweek gehad.  Maar first things first soos hulle sê.

Vrydag was mnr Edward se eerste tandarts afspraak. Die hele week voor dit het ons die tande dokter speletjie gespeel sodat hy min of meer weet wat om te verwag.  Hy was baie oulik en het so mooi still gesit en geluister na die tandarts en ook alles gedoen wat sy so mooi gevra het.  Ons het ook uit gevind hy het ‘n ekstra tand onder.  Daar is tien bo en elf onder. Die onderste groep wisseltande moet daar 4 tandjies wees maar hy het 5 perfekte uitgespreide tandjies onder (dalk hoekom ek dit nie eers agtergekom het nie).  Ek het nooit my kind se tande getel nie. Dit is glo glad nie ‘n problem nie ons moet net bewus wees vir waneer hy begin tande wissel dat daar meer tandmuis geld gaan wees.  Ook moet ons dan kyk en seker maak al 5 tandjies word los sodat dit nie in die plek van die groot tand sit nie.  Baie snaaks die tande storie. Hy was nog altyd baie oulik met sy tande borsel maar vandat ons tandarts toe was wil mnr nou die heledag loop en tande skrop.

Ek het vrydagaand ook probeer ‘n melktert maak met ‘n resep wat ek of FB gekry het maar die stupid resep het nie al die instruksies gegee vir ‘n dommie soos ek nie toe brand ek die tert voor dit ooit ‘n bak gesien het.  Sien die resep sê:

Stap een: Maak pasta  van die vla, mielieblom, suiker en eier. (ek het die sout ook hier ingegooi want nerens verder as die bestandele is sout genoem nie toe gooi ek dit maar hier in)

Stap twee(dis waar die paw paw die fan gestrike het):  Verhit die melk & kondensmelk tot kookpunt (NERENS Sê DIT EK MOET DIT AANHOUDEND ROER SODAT DIE KONDENSMELK NIE TEEN DIE BLERRIE POT SE BODUM VAS BRAND NIE)

Stap drie:  Voeg die vla pasta by met ‘n dun straaltjie terwyl jy aanhoudend roer (NOU HIER WORD ROER VIR DIE EERSTE KEER GENOEM, EN HIER HET EK AGTER GEKOM DIE RES VAN DIE STAPPE IS NOU VERYBY VIR MY)

STAP 4:  GOOI Alles in die asblik en praat hard met die potte om gebrande kondensmelk af te kry en sweer om nooit weer ‘n stupid resep on FB te glo as die komentaar sê; dis maklik nie

Saterdag was ons genooi na nuwe vriende se huis toe (ook hoekom ek die melktert wou maak).  Edward het na ‘n lang ruk se gekuier besluit hulle mure het bietjie “art” nodig en so gooi hy toe die kaggel se kole teen die mure sodat dit sulke groot swart wolke en prints maak op die mure.  Ons het teen daai tyd al bietjie te mak geraak met ons kuier en nie hele tyd opgelet wat die twee rakkers doen nie. Ek hoop maar ons word weer oorgenooi want dit was ons eerste groep vriende waar ons almal (ma, pa en kinders) maaitjies is.

Advertisements

6 thoughts on “Naweek Drama

  1. Lekker smile ek nou vir jou en die melktert…. of beter gestel, die gebrande melktertpap. Het my eerste melktertpap ook verbrand, maar het dit maar aan die mense voorgesit. Daar was nie daardie jare plekke waar jy gou-gou klaargemaakte koeke kon gaan koop nie.

    • Ja nee hier is ook nie rerig ‘n plek naby my waar ek sulke Suid Afrikaanse goed kan koop nie so toe het ek maar vir die kinders elkeen ‘n boek as a present gevat, sodat ek nou nie lee hande daar annkom nie jy weet.

  2. Simpatie met die melktert

    Probeer die volgende

    Meng alles behalwe die eierwit en klits lekker.
    Klits eierwit sagte punte en hou eenkant
    Gooi teelepel botter of olyfolie in dikboom kastol en begin plaat so teen 4 uit ses.Roer aanhoudend {my kunsvesel eieromkeerder werk vir my die beste} tot dit begin borrels maak. [nou kan jy plaat afraai na drie.]
    Sodra die spul lekker dik is sit plaat af.
    Vou een of twee eetlepels van die mengsel in die eierwit in. Dan vou jy die eierwit in die pap mengsel in. Gooi uit in voorgebakte kors of gebruik beskuitjiekrummel en botter kors.

    Strooi liggies met vyn kaneel en laat HEELTEMAL afkoel voor jy in yskas sit (dit voorkom krake)

    As jy dink die eiers is te klein sit ‘n teelepel vlapoeier by meel

    ====================================================

    Is jy die Gogga oor wie Roy Memphis gesing het?

    • Welkom hier, ek is nie sekeer of ek daai googa is nie sal moet gaan soek en kyk. ek sal weer eendag moed bou en gaan probeer dankie vir die resep.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s