Sport, siel en pyn

Ek moet soms gewoond raak aan die idee dat ek nou groot en “verantwoordelik” is.  Ek kyk soms na my klein seuntjie en dink hoe is dit moontlik dat ek ‘n kind het, ek is dan nog self ‘n kind.  Maar in die regte lewe is ek ‘n grootmens.  Tyd is so snaakse bliksem wat jou nie net inhaal nie maar so stilletjies stilletjies verby hardloop en dan vir jou sit en wag om dit agter te kom.  Hy stuur darem so nou en dan ‘n wenk met ‘n grys haar hier en ‘n pyn daar.  Maar hy sit lekker hard en lag as jy gou gou hier of daar wil spring soos jy nog in jou gedagtes dink jy kan en dan vertel die lyf van jou ‘n ander storie.  Ek dink soms al die sport wat ek in my lewe aan deel geneem het, het meer kwaad as goed gedoen maar tog wil my siel net nie aanvaar dat die lyf nie wil by hou nie.  Die diep denke kom nou alles van ‘n seer lyf nadat ek krieket gespeel het (ek het op die wyse ouderdom van 34 besluit om buite krieket te speel elke sondag) Ek geniet dit baie maar soos ek sê die herstel tydperk is defnitief nie meer wat dit was so paar jaar terug nie.

Hoe gemaak

My kind is meer soos sy pa as sy ma in die sin dat hy bietjie terug getrokke kan raak in situasies waar daar te veel mense om hom is.  Hy is ook skaam rondom nuwe mense en jy kan op jou kop staan en kleurvolle balle met jou voete juggle jy sal nie sommer ‘n smile uit hom uit kry nie.  Tensy hy jou dadelik vertrou en dit is ook selde.  Oor die algemeen is hy ‘n baie gawe outjie en sal speelgoed terug vat van ander kinders af as hulle dit by sy maaitjies vat.  Hy is ook eerste daar as iemand huil om hulle te troos maak nie saak hoe groot jy is nie. Maar dalk soos sy ma sal hy eers seker maak of hy jou kan vertrou of nie voor hy nader sal staan en glimlag.

My kind is sensetief.

Ek weet dit en ek verstaan dit maar onlangs het ek agtergekom die een juffrou by die kleuterskool maak hom meer angstig as ander. Hy sal op ander dae baie gelukkig in huppel as hulle die deur oop maak en self vir my waai en sê; Lief jou mamma.  Maar as die een juffrou die deur oop maak dan steek hy vas soos ‘n donkie en weier net eeenvoidig om in te gaan of my been te los.  Ek hou van die juffrou maar iets om haar maak my kind in sy dop kruip en ek kan dit nie rerig ignoreer nie.

Hoe gemaak, wel ek gaan met sy klas juffrou praat om uit te vind of sy hom kan dophou rondom die een juffrou en my laat weet of sy enige iets kan optel van sy geaardheid wat verander. Ek wil nie op tone trap nie maar ek moet seker maak my kind is gelukkig waar hy is en die mense wat amper meer tyd as ek met hom spandeer is mense wat hy meer gemaklik voel.

 

Ontsnap

Ek skryf maar min omdat meeste van my daaglikse goed nie rerig iets is om oor te skryf nie. Ook die domineerende ding in my lewe is my kind en ek dink mense sal dalk bietjie gatvol raak as ek aanhoudend aangaan oor hoe oulik hy is (want hy is more cute).  Maar met dit gesê het ek besluit ek gaan probeer post en dit gaan hoogs moontlik oor die klein engelsman wees so as mense wil lees dan lees hulle en as hulle nie wil nie dan “so be it”.

Klein engelsman is nou twee en ‘n half en vol slim planne.  Die naweek weer het hy my ‘n les geleer van hoe vinnig die klein mensie kan beweeg.  Ons het by ‘n vriendin gaan kuier die Saterdag en lekker in die tuin gesit in tee drink.  Engelsman spring toe op en kondig aan so in die weg stap:

Edward: Baai mammie

Ek: Baai darling, where are you going?

Edward: Going to the shop

Ek: Oh, ok, what are you going to get

Edward: Bananas

Ek: Have you got money

Edward: Yes

Ek: Where did you get money from

Edward: from the lady

Ek: Ok then, love you, come back soon.

Niks veel meer gedink daarvan nie die deure is mos toe.  So paar minute later dag ek laat ek gaan kyk wat maak die kind met die denke hy terg dalk die kat.  Loop in die huis in en roep, geen antwoord nie.  Loop kombuis toe en roep al die pad en net mooi niks of niemand antwoord nie en ek kan ook nie enige iets hoor nie. Raak so bietjies meer paniekerig met elke roep, op met die trappe af met die trappe dag ek ek sal buite kyk.  Ruk die voordeur oop en voel my hart stop dood in my bors.  So halfpad in die pad af sien ek hoe stap my klein seuntjie in die straat in. Daar was nie ‘n kar opppad nie maar ek skree so hard vir hom: Edward GET OUT OF THE ROAD NOW!. Hy skrik sy gat af en spring terug op die pavement. Teen die tyd het ek al die 7 styl trappies van haar voordeur af gesprint en maklik die 50 of 60 meter in die straat af gecover met ‘n snot spoed wat Usain Bolt sal laat lyk of hy stilstaan, en al klaar besig om die volgop vraag the vra van; Where the hell are you going?  Hy met sy blou ogies antwoord so ewe met ‘n maar- ek-het-jou-mos-gesê houding; Going to the shop.

Met die antwoord kon ek nie eers verder raas nie want hy het mos gesê hy gaan winkel toe.  Ons het toe na die tyd besef haar voordeur sluit van binne af maar as jy die handel afdruk dan maak die slot oop en so ook die deur.

LES VIR MY:  As my kind sê hy gaan winkel toe dan beter ek saam stap.

Is die nie maar net maniere nie

So hier waar ek nou op die eiland bly raak ek soms tog so opgewonde as ek Afrikaans hoor. Met Edward wat in ‘n kleuterskool is wat nogal ‘n hele paar afrikaanse juffrouens in het is dit dan ook verstaanbaar dat daar nogal baie afrikaans sprekende mammas en pappas hulle kinders na sy skool toe bring.

So ontmoet ek ‘n paar mammas en toe ook so by toeval ‘n ouma wat kom kuier. Toe ek vir Edward sê; sê hello vir die tannie, toe dag ek die vrou val amper flou. Ek moet hom tog nie dit leer nie spin sy vir my.

Nou wonder ek net is dit rerig so erg om my kind sulke maniere te wil leer. Is ek net te lank al uit die land uit en dit is nie meer aanvaarbaar nie. Ek wonder nou ook as ek hom sê om eerder “mevrou” te sê gaan daar ander mense wees wat oprukkerig jou kind hulle maniere wil leer.

Ek sien dit dat as ek nie jou naam ken nie en jy is ouer as ek dan gaan ek jou of tannie of mevrou noem omdat dit is hoe ek grootgemaak is en dit is goeie maniere.
As ek verkeerd is of daar is nou nuwe etiket laat my weet of nog beter. As ek jou aanspreek in ‘n manier wat nie vir jou werk nie laat my weet wat ek jou dan moet noem eerder as om snobistiese aanmerkings te maak dat jy nie met my oom getroud is nie.

Tot dan sal ek my kind leer as hulle ouer as jy is dan is dit tannie. Want in my tyd was jy en jou mos ongeskik en sou die agterkant van jou kop plat geklap word as jy dit waag uiter.

Vettie klub

Man dis maar mos ‘n storie om jou gewig in beheer te hou veral as jy graag wil eet en eet en eet.
Ek het so paar weke terug weer by weight watchers aangesluit omdat ek voor ek swanger geraak het goed met dit oor die weg gekom het. Ek is ook seker die groot rede hoekom ek nie ma-moerse groot geraak het tot en met die einde van my swangerskap nie was omdat ek nog goeie gewoontes oorgehad het van WW.

Maar soos dit mos maar is sluip die slegte gewoontes in en voor jy weet wat is wat dan vreet jy die hele pakkie koekies op want jy kan mos.

Ek sukkel bietjie die keer om gemotiveerd te raak om op track te bly so nou gaan ek maar hier op my blog tyd spandeer eerder as om te eet.

Op die plan kan jy basies alles eet maar dit leer jou om beter keuses te maak.
Nou wil die vettie kant van my net kos hê. Die HELE tyd. En nie eers die goeie kos nie.

So die week was ‘n bad week gewees. Ons skryf hom maar af.
Vandag 14st 7.
Volgende week?

Oueraand

Ek weet dit klink simpel om te hoor jou 15 maande oue kind het oueraand, maar dit was baie oulik gedoen.
Mnrtjie het aan die begin van die maand na die volgende klas toe opgeskuif omdat hulle tevrede was met sy ontwikkeling en seker was hy is reg vir die volgende klas. Hy het in die kort rukkie baie goed aangepas en gewoonlik wil hy nie huis toe kom nie, so bewyse dan hulle was reg al is hy een van die jonger babas in sy klas. Ons oueraand is gedoen deur sy ou juffrou uit sy ou klas uit.

So maak ek en manlief ons ongemaklik op twee klein stoeltjies. Ek was bietjie bang om my groot lyf sit te maak op die klein stoeltjie en het ‘n mental note gemaak om weer by weight watchers aan te sluit. Ons kry toe ‘n boek met klomp notas en fotos en kunswerke in wat Edward gedoen het vandat hy daar aangekom het. Die fotos wys waar hy staan en verf en waar hy met blokkies speel of waar hy bokse uitpak.
Dit was ‘n mooi verrassing om te sien wat hy gedoen het om met groen, rooi en swart verf en penmerke oor sy bene en kop huis toe te kom. Die boek is baie kreatief aanmekaar gesit en as mens dink dat dit ekstra is bo-op die boek wat ons elke dag kry wat hy vir die dag geeet en doen het is ek baie gelukkig met ons keuse en in totale admiration vir die werk wat ingaan op my kind se ontwikkeling.
Manlief se opmerking dat hy kon sien alles is met liefde gedoen kan ek net bystaan.
Mense sê soms dinge soos; hoekom het jy kinders gehad as jy ander mense betaal om na hulle te kyk? Nou met meer ervaring kan ek vir hulle sê dat ek nie mense betaal om na my kind te kyk nie ek betaal omdat hy ‘n wonderlike tyd het en om sy ontwikkeling te boost.
My kind was dalk nog altyd ‘n sensetiewe kind maar hy het nou maaitjies vir wie hy kan troos as hulle huil of vir hulle die bal onder die tafel te kan gaan haal omdat hy onder die tafel kan inkruip. Hy eet lekker kos en sing lekker saam.
Ek is gelukkig want my kind is gelukkig.
Dankie Zeeba’s

Grappie vir trein ry

‘n Ou oom staan in ‘n trein en kyk hoe ‘n jong vrou sit en borsvoed. Haar baba weier om te drink. Sy dreig hom: “As jy nie drink nie, gee ek my boobie vir die oom!”. So gaan dit aan en aan. Weer weier die baba en weer dreig sy. Tot die oom sy gat wip en se: “Daai baba moet nou sy mind opmaak. Ek moes al 4 stasies terug afgeklim het !!!!!

Party mense is varke

Ek staan vanoggend oppad werk toe op die tube want ek sal iemand sommer bliksem vandag as ek langs haar moet sit. As ek staan hou my hande darem vas en kan hulle nie uit hulle se eie wil gaan lesse leer vir ongeskikte mense nie.
Ek is nie ‘n aggresiewe mens nie maar as jy kou asof jy jou vorige lewe as ‘n bok wil oorbeleef dan vra jy om aangeval te word.
Sy kou nie net oopmond nie sy blaas flippen bubbles. Of nog erger kliek die kougom oor haar tong sodat dit so klip harde klick geluid maak. Ek het haar ‘n paar kyke gegee en na ‘n lang ruk haal sy toe ‘n papiertjie uit haar handsak uit en sit die stuk kougom daarin. Mens sal dink sy sal die stukkie her-kousel in haar sak sit maar nee sy gooi dit agter oor haar skouer op die sitplek.
Toe haal sy so snaakse ding uit haar handsak uit en begin onder haar naels skoonmaak. Sies, weet sy nie die voodoo hekse kan dit gebruik om haar te toor nie.

Toe sy opstaan by haar stasie toe noem ek sy moet haar papiertjie optel.
Sy gooi my toe ‘n vinger en stap uit die trein uit.
My gedagte is sy is lekker dom want almal weet KARMA is ‘n bitch.
Sy het nie dadelik uit die trein uit geval nie so ek kon nie lekker lag nie maar ek het ‘n langtermyn wens gewens.
So stilletjies het ek haar verwens met die hoop sy sit met nuwe klere eendag in iemand anders se kougom.

Skoene

Edward loop die wêreld plat en alles wat geklim kan word word nou geklim.
So ook word hy nou by sy nuwe klas ingesettle. Hy skyf op omdat hy so woelig en wild is en die ander babas in sy klas loop nog nie. Hy het meer spasie nodig en so gaan hy nou van ‘n playful panda na ‘n busy bee klas toe gaan. Die busy bees speel buite as die weer mooi is en dit is hoekom ons toe uituindelik vir mnr moes gaan skoene koop. Ek het gedink hy gaan sy skoene die hele tyd uittrek, want as hy ‘n kans kry om sy kouse uit te trek dan waai die sokkies. Hy is baie soos sy ma in daai geval en hou van kaalvoet loop meer as iets op sy voete, even as dit koud is. Ek het myself reggemaak vir groot baklei en baie buk om sy skoene weer aan te trek.
Ons het na ‘n spesiale skoen winkel toe gegaan waar hulle sy voete gemeet het en dan na ‘n paar vrae die regte sole aanbeveel het. Hy het sy skoene aangepas en daar is even ‘n foto van hom geneem met ‘n boekie wat se “my first shoes” met die groote en waneer sy voete weer gemeet moet word. Ons het die eerste paar skoene vir hom aangepas en hy was so trots op sy skoene dat hy dit nou nie wou uittrek nie. So het hy dit aangehou en as jy hom vra wie het mooi skoene dan gooi hy sy voete in die lug dat jy kan sien.

Met skoene aan het ons hom minder rondgedra die naweek. Dit is nogal ‘n belewins om hom te sien ontdek. Tydsaam want alles is mos nuut. Ons reken ons het al klaar waarde vir geld uit sy skoene gekry want hy het orals rondgeloop. Trappe word nou uitgeklim en gras en modder is nou sy nuwe maaitjie.
Hy het ook ontdek hy kan makliker oor en op alles kom as hy skoene aanhet. So kry ek hom gisteraand waar hy in sy doek en skoene staan (al die ander klere is al af vir bad tyd) en soos blits klim hy op die bank en daar sit hy en “lees” sy boek.
Vanoggend toe hy skool toe is is die nuwe skoene aangetrek omdat toe hy wakker word dadelik wou weet waar sy skoen was.
Hy is lekker lui om te praat en nou kan hy 3 woorde duidelik se. Dadda, Kat en tjoos (shoes). Dis al wat hy praat en wys met sy fingertjie na alles wat hy wil he.
Hy is heel oulik om dinge wat jy hom vra te verstaan in Afrikaans en Engels maar praat is dit net daai drie woorde.

20130408-132303.jpg

20130408-132331.jpg

Sukkel soms

Ek is weer terug by die werk en dit is nogal iets om aan gewoond te raak.

Ek werk 3 dae in die kantoor en dan Maandae en Vrydae van die huis af met die klein beertjie saam my by die huis.

Ek kan julle vertel dat van die huis af werk nie speletjies is nie. Al loop mnr’tjie nog nie (net skelm by die skool) is hy ‘n handvol.  Ek moet 7 ure se werk gedoen kry terwyl ek ook tussen in doeke omruil en kos van die mure afvee.  My kind wil nie eet nie en hy wil nie slaap nie.  Voorheen het ek gese voer jou kind dan slaap hy lekker maar as jou kind in die eerste plek nie wil eet nie dan raak dit bietjie stressvol.  By die skool eet hy mooi so dit moet iets wees wat hy by my aanvoel.  Inelkgeval met sy skool toe gaanery kan ek sien ons het ‘n goeie keuse gemaak en dat hy gelukkig is.  Ek sal nogal daarvan hou om hom ‘n ekstra dag in die kleuterskool te kon sit maar dit kos net te veel.

Ek sukkel nog om die skuldgevoel onder beheer te kry as ek by die huis werk. die probleem is as ek werk en my kind soek aandag dan voel ek skuldig as ek op die mat met hom gaan sit en speel. Dan voel ek weer skuldig as ek op die mat sit omdat ek nie werk nie. Ek het vanoggend ‘n artikel gelees wat se as jou kind aan jou been klou en skree moet jy op die vloer gaan sit (op sy vlak) en hom drukkies gee.  Hy sal gou genoeg fedup raak met dit en wegkriewel. Dan kan jy aangaan soos jy wil tot volgende keer. 

Gister was een van die ergste dae nog. Hy is besig om tande te kry (dit voel soos of hy altyd net tande kry) so hy slaap min of glad nie. By dit het hy ‘n vreeslike snot neusie wat alles nog in sy keel ook afloop en hom laat hoes. Die hoes laat hom dan kots. So ek kan verstaan hy wil niks eet nie want alles is seker rou. Die ekstra spoeg maak sy magie ook nog los en dit is erg. Die reuk kan verf van jou mure afhaal ek vertel julle.

Gister so deur die werk en drukkies en blokkies bou hoor ek hoe hy knor. Ek dag laat ek sommer dadelik omruil voor daai goed sy boude brand. Maak skoon an soos ek afbuk om die vuil doek in die asblik te sit toe spuit daai knlein holletjie my vol stront.  Daar staan ek toe met groen baba stront in my hare en oor my skouers en hy dink dit is baie snaaks.  Ek maak hom skoon sit ander doek aan en toe gaan maak ek myself skoon en spring in die stort.  Kom terug in die sitkamer en tel hom op, sal die klein bl**s&m nie anders as om oor my te kots nie.

So 2 keer se strort later en emails wat in my inbox invlieg asof hulle van die duiwel af kom is ek toe net so bietjie gatvol.