Spikkels

Dit was iets waarvoor ek nou al ‘n tyd lank wag.  Dit is daai eerste blasie wat vinnig gevolg word deur baie ander.  Ek praat van waterpokkies. Edward het Woensdag toe ek hom optel by die kleuterskool gesê daar is ‘n eina op sy gewrig.  Dit kon enige iets gewees het van ‘n muggie wat hom gebyt het of net ‘n alergie vir iets in die tuin maar ek het dadelik die ergste gedink en ek was reg. Waterpokkies is besig om die rondte te doen so ek het myself al klaar reggemaak dat die een spikkel in baie gaan verwnader.  Teen die aand was daar meer op sy magie en ander gewrig.  Teen die volgende oggend het manlief besluit om die eerste skof te vat sodat ek kan in gaan kantoor toe om reg te maak om die volgende 10 dae by die huis te wees want edward was vol lspikkels van kop tot tone.  Die kleuterskool is gebel en vertel nog een van die klasmaaitjies het spikkelkoors gevang.  Die aand toe ek van die wrk en kriekt af terug kom was die arme kind so vol kolle dat hy in ‘n bos kon staan sonder dat jy hom raaksien.

Room is gekoop, lotions is aangesmeer en koeksoda is in die bad gegooi.  Ek kan eerlik sê dat as iemand my ooit vra het edward al waterpokkies gehad dat ek kna se JA.  sy kop in sy ore en in sy mond, op sy ooglede is die ergstes want hoe kry jy die room daar ingesmeer. Nou om vir die hele week van die huis af te werk want ek het nie meer verlof oor om te vat vir siek kind nie en hy het meer enerie as ‘n klein varkie wat in ‘n hok rondgejaag word so dit gaan ‘n fun week wees.

 

One thought on “Spikkels

Leave a reply to Kameel Cancel reply